PASTORALE TERAPIE
Die woord “terapie” & “terapeut” is afgelei van die Griekse woord “therapeus” wat beteken “om gesond te maak”. Die terapeut wil die mens help om ‘n gesonde, gelukkige uitkyk op hom/haarself, sy/haar omstandighede en die lewe te hê – om voluit vir God te leef. Ek maak hoofsaaklik gebruik van die Narratiewe paradigma en integreer dit met verskeie ander benaderinge wat wêreldwyd gebruik word. Talle toetse, vraelyste, terapeutiese cd’s en toepaslike huiswerk en selfstudie word in die sessies hanteer en gebruik.
WIE IS JAN BOTHA?
Jan Botha is ‘n predikant en pastorale berader. Hy beklee tans deeltydse poste in die NG Gemeentes Florauna en Eloffsdal, beide in Pretoria. Verder bedryf hy ook die afgelope 19 jaar ‘n Pastorale Praktyk waar hy daagliks mense in krisisse en verryking begelei onder leiding van die Heilige Gees. Ongeveer 25 000 individuele sessies is die afgelope 19 jaar in die praktyk deur hom hanteer. Hy het sy doktorale studie aan die Universiteit van Pretoria voltooi.
BA(UV);BA Hons(UV);BTh(UV);MA(UP); PhD(UP);Dipl in Teologie(UV);Sert. in Huweliksberaad en voorligting(UNISA) Ek bedryf die spreekkamer die afgelope 19 jaar en was en is ook die afgelope paar jaar betrokke by:
- 1 Valskermbataljon te Bloemfontein as Dienspligkapelaan
- Oranje Hospitaal vir Psigiatriese pasiënte te Bloemfontein
- Aurora Kliniek vir alkoholiste te Bloemfontein
- Susanna Coetzee-tehuis vir ongehude moeders te Bloemfontein
- Castle Carey Kliniek vir alkoholiste te Pretoria
- Tutela, Plek van Veiligheid te Pretoria
- Kantoor van die Gesinsadvokaat as Gesins-raadgewer te Pretoria
- Berg en Dal tehuis vir ongehude moeders te Pretoria
- Verder was en is ek ook:
- Voorsitter van die Ring van Pretoria –Noord, lid van die Moderamen van Noord Transvaal (Noordelike Sinode).
- Direkteur by Egskeiding Krisishulplyn
- Lid van SAAM (SA Assosiasie van Mediators)
- Lid van SAAPW (SA Assosiasie Pastorale werk)
|
 |
DIE WEBSITE BIED JOU ...
Die geleentheid om te deel in die dienste wat deur Dr. Jan Botha aangebied word. Dit sluit inligting in oor die praktyk waar jy op ‘n individuele basis berading kan ontvang, oor die verskeidenheid van dag seminare wat in groepverband bygewoon kan word asook ‘n keuse van verskeie korrespondensie kursusse wat jy op jou eie tyd en in die privaatheid van jou huis kan deurwerk. Verder gee dit ook meer inligting oor die tipe onderwerpe waaroor hy as spreker by openbare geleentheid optree. Lees ook meer oor sy publikasies en resensies!
DIE LEWE STEL HOË EISE WAARAAN EK AS MENS NIE ALTYD KAN VOLDOEN NIE, MAAR EK LOOP NET EEN MAAL DIE PAD EN EK WIL VOLUIT, IN OORVLOED LEWE; TOT EER VAN GOD SODAT HY SAL GLIMLAG!