Persoonlikheidsvernuwing En -Ontwikkeling
‘N Unieke Korrespondensiekursus
Die pastorale nood trauma van talle lidmate en persone buite die kerk blyk ‘n groot krisis te wees wat dringende aandag verg. Navorsing en direkte terugvoer die afgelope 19 jaar in die Pastorale praktyk asook tydens seminare, opleidingsessies en optredes landwyd, het dit bevestig. Die afgelope 19 jaar is daar ongeveer 25 000 pastorale gesprekke asook talle groepsessies en opleidingsgeleenthede deur my in die Pastorale Krisis- en Verrykingspraktyk behartig. ‘n Groot behoefte aan voortgesette berading asook afstands/korrespondensie onderrig het die noodsaaklikheid vir so ‘n kursus onderstreep.Die kursus is ontwikkel teen bogenoemde agtergrond met spesialis beraad, groep, seminaar, opleidingsagtergrond en ervaring. Die kursus kan dien as ‘n hulpmiddel om predikante, maatskaplike werkers asook vroue-aksies, jeugaksies en ander groepe in gemeenteverband te bedien. Die kursus kan ook aangewend word om persoonlikheidsvernuwing en -ontwikkeling aan die individu te bied. Die kursus is reeds in die Voorligter en Kerkbode bekend gestel.
DOELWIT: BYBELSE PERSPEKTIEF EN PRAKTIESE LEIDING OM,
- ‘n diepere perspektief en insig in jouself te verkry
- praktiese lewensvaardighede aan te leer
- geestelik verryk en toegerus te word
- om ‘n verskil, duik in die emmer te maak in die gemeente en gemeenskap
- elke dag ‘n lewe in oorvloed vir God te lewe, sodat Hy sal glimlag!
