PASTORALE KRISIS EN VERRYKINGSPRAKTYK

DR. JAN BOTHA

Roepingsvervulling

Dawid se lewe dra die stempel van roepingsvervulling. Sy lewe eindig soos dit begin het - in nederige afhanklikheid van God. Ten spyte van al sy prestasies, word hy nie hoogmoedig nie. Sy laaste woorde aan sy seun Salomo en die volk, is tekenend van sy heelhartige toewyding aan God wat hy as skaapwagter gehad het. Die droom om die tempel te bou het op die skouers van sy seun Salomo gerus, alhoewel hy die meeste van die beplanning gedoen het. Dawid sterf “na ‘n vol lewe, ryk en geëerd. Sy seun Salomo het hom as koning opgevolg.” (1 Kron.29:28) God het werk vir elkeen wat Hy stuur, want Hy stuur niemand om ledig te sit nie. Daar is ‘n aangrypende grafskrif vir koning Dawid. Om dit te kry, moet jy op ‘n onwaarskynlike plek gaan soek: Hand.23:36 sê: “hy (het) die mense van sy tyd gedien”. ‘n Mens kan verskeie dinge aanteken wat oor die 40 jaar van sy regering oor Israel uitgestaan het:

  • Hy het gelewe om te dien - in die plek van die hoogmoed, wraakgierigheid en selfsug van so baie ander konings, is Dawid se regering gekenmerk deur goedhartigheid, regverdigheid en nederigheid.
  • Hy het gelewe om God se wil te doen - dit was sy groot begeerte om God te gehoorsaam.
  • Hy het God se wil gedoen - in sy tyd was daar ‘n bepaalde werk om te doen en deur God se krag hét hy dit gedoen. (Wilkinson 1996:129)
Indien enige persoon, tieners ingesluit, vandag ‘n sinvolle en gelukkige lewe wil leef, is dit uiters noodsaaklik dat die volgende vier sake ‘n integrale deel van sy / haar lewe sal word:

  • Roepingsvervulling
  • Selfkennis
  • Entoesiasme
  • Die ontdekking van God se wil vir my lewe

Roepingsvervulling

Roepingsvervulling gaan aan die hand van vier elemente belig word naamlik roepingsvervulling self, selfkennis, entoesiasme en die ontdekking van God se wil vir my lewe.

1. Roepingsvervulling:

Een basiese beginsel moet altyd die rigting aandui in enige volwasse persoon asook tiener se lewe. Dié beginsel is reeds eeue gelede vasgelê. Sola Sacra Scriptura beteken letterlik: “alleen op grond van die Heilige Skrif.” ‘n Mens se gewete is feilbaar; jou kennis is beperk; die openbare mening is wispelturig; jou instink en gevoel is deur die sonde verwring. Daar is net een onfeilbare maatstaf vir wat reg en verkeerd is: die Bybel. Om die begrip “roepingsvervulling” reg te verstaan, moet daar na die letterlike betekenis van die woord gekyk word; roeping en vervulling:

  • roeping - iemand staan, en hy roep. Hy roep ons - vir jou en vir my. En dan kom ons .... of ons kom nie.
  • vervulling - beteken eintlik “om vol te maak”. Iets is leeg, en nou word dit gevul, hervul, ver-vul, volgemaak.
Roepingsvervulling is altyd ‘n persoonlike saak. ‘n Mens mag nooit jou roeping as iets abstraks sien nie. Dit is soms ‘n versoeking om sekere pligte en take as iets onpersoonliks te sien: as dinge wat gedoen moet word. Agter jou roeping moet jy egter altyd die Roeper self sien en hoor - soos jy in die geloof ágter die Wet, die Wetgewer sien en hoor. Ons staan dus nie bloot in ‘n roeping nie, ons staan voor die Roeper self. Dié Roeper is natuurlik God, God Drieënig, die liefdevolle Vader, die versoenende Seun en die Heilige Gees wat elke oomblik kragtig in en deur ons werk. (Van der Walt 1983:11)

I WAS BORN TO BE ME
I was born to be me, not a copy of you.
Be your parent or teacher or friend, be your husband or wife
I was given this life, and it’s mine to create, till the end.
Too many people have tried, to diminish my pride,
By claiming all pride is a sin, but the fact of my worth,
Was established at birth. At the time I was born to be me.
I was born to be me. But I have learned in a lifetime,
I never can make it alone. Far too much of myself
Needs the giving of others. The parts I can’t see till I’m shown.
So come touch me inside, Take the measure of this pride.
Set me free from whatever’s unreal. For there is a life to be won
And I have barely begun, to insist I was born to be me.
(Anoniem)

2. Selfkennis:

Roepingsvervulling beteken in die tweede plek dat ek ‘n deeglike kennis van myself sal hê. Aktiwiteit: Beantwoord die volgende vrae krities omtrent jouself:

  1. Hoekom is dit noodsaaklik dat ek myself ken? ________________________
  2. Wat is die waarde van ‘n realistiese selfkennis? ______________________
  3. Hoé kan ek myself ontdek? ______________________________________
  4. Hoe kan ek hierdie selfkennis positief aanwend? ______________________
  5. Wat se verskil gaan dit in my lewe maak? ___________________________