PASTORALE KRISIS EN VERRYKINGSPRAKTYK

DR. JAN BOTHA

Lys Van Publikasies

  • Die rol en betekenis van die Heilige Gees in die Evangelie van Johannes. Skripsie aan UOVS vir B TH Graad. 1983
  • Egskeiding en Enkelouerskap . Korrespondensie Kursus, Pastorale Krisis- en Verrykingspreekkamer, Pretoria. 1995
  • Egskeiding en die gevolge daarvan op die kinders. Jeugberading Sertifikaat Kursus, Universiteit van Suid-Afrika, Pretoria. 1997
  • Eksternalisering in pastorale narratiewe egskeidingsmediasie. MA Verhandeling. Universiteit van Pretoria, Pretoria. 2001
  • Ons moet oorgee, omgee en aangee. In: Botha, J. (red.). Ja vir Jesus, nee vir die kerk. Lapa Uitgewers: Pretoria.( Die boek handel oor kerkloos- en kerklosheid en is ‘n samestelling van verskillende skrywers, uit verskillende hoeke) 2001
  • Narratiewe Pastorale Egskeidingsmediasie: Moontlike stories van Hoop. PhD Proefskrif. Universiteit van Pretoria. 2003
  • ‘n Suksesvolle egskeiding: Stories van hoop. Magalies Trust: Pretoria. 2006
  • Het as mede-dosent saam met Prof. Lien van Niekerk van die Fakulteit Opvoedkunde, UNISA opgetree vir die een-jaar sertifikaat kursus in Christelike jeugberaad (1997- 2001)
  • Temas waaroor ek navorsing gedoen en geskryf het is:
    • Vigs
    • Selfmoord
    • Alkohol afhanklikheid
    • Pastorale en jeug beraad
    • Inter-kulturele jeugberading
    • Chemiese en dwelm afhanklikheid
    • Krisis intervensie of ingryping
    • Die profiel van die jeug as beradingskliënte
    • Tiener swangerskappe en aborsie
    • Hantering van stres, spanning en depressie
    • Balans en die akkomodering van verskillende gedrag style
    • Roepingsvervulling, effektiewe tydsbenutting en prioriteitsbepaling

Resensie In Rapport (Sien pdf document)

Rapport resensie

‘N Suksesvolle Egskeiding: Stories Van Hoop

‘N Opsomming

OPSOMMING VAN BOEK: ‘N “SUKSESVOLLE” EGSKEIDING: MOONTLIKE STORIES VAN HOOP. Die boek is bekendgestel in onderhoude op”Kollig op die kerk” op 07/01/2007, ‘n gesprek met Anthea Worner op 13/3/2007 en met Derick Gardener op Tjailatyd op 20/3/2007 oor Radio Sonder Grense asook in twee gesprekke met Mariaan Roos op Radio Pretoria op 3&4 April en ‘n artikel in Rapport op 28/1/2007

Om reg aan die tema van die boek te laat geskied, wou ek juis vanuit ‘n pastorale narratiewe hoek na egskeidingsmediasie kyk. In my soeke na inligting op die internet oor mediasie, het ek tot die besef gekom dat daar nog baie min op internasionale, maar veral op plaaslike gebied hieroor geskryf is. In 2004 was daar in Suid-Afrika ongeveer 100 geregistreerde mediators wat by SAAM (Suid-Afrikaanse Assosiasie van Mediasie) geregistreer is. Die meeste van die geregistreerde lede is gewoonlik prokureurs, advokate, sielkundiges, maatskaplike werkers en slegs drie persone wat in die teologie gekwalifiseer is.Reeds sedert 1988 toe ek voltyds met berading/terapie in ‘n pastorale spreekkamer begin het, het dit my getref hoeveel traumatiese situasies rondom egskeiding en stories wat gedreig het om in doodloopstrate te eindig, deel van my alledaagse taak was. In my soeke na moontlike oplossings het ek in 1992 betrokke geraak by SAAM en verskeie opleidingsgeleenthede . Hierdie kennis en vaardighede wat ek opgedoen het pas ek sederdien met groot vrug toe in my spreekkamer. Dit het ook as hulpmiddel gedien waar ek later by die Hoofgesinsadvokaat as gesinsraadgewer gehelp het met egskeidingsmediasie. Dit was destyds ‘n aanstelling van die Minister van Justisie, mnr. Kobie Coetzee. Wat ek in my spreekkamer en by die Gesinsadvokaat beleef het was onkunde by mense wat deur ‘n egskeiding gaan of daardeur geraak is asook ‘n gebrek aan ‘n “suksesvolle’ hantering daarvan. So is die gaping geïdentifiseer wat aanleiding gegee het tot my doktorale studie waarvan ek dan in hierdie boek ‘n paar praktiese lyne wil trek. Vir meer volledige inligting kan my doktorale studie in die bronnelys geraadpleeg word.

Hierdie boek is dus vanuit ‘n postmoderne, pastoraal-narratiewe hoek geskryf. Daar is spesifiek op verhale binne die egskeidingsituasie gefokus. Uit dié verhale is daar dan gepoog om saam te delf om sodoende saam, stories van hoop te ontdek. Omdat ek self deur ‘n egskeiding is en weet hoe dit jou hele lewe en die van al die ander partye beïnvloed, het ek besluit om in die boek die fokus te plaas op moontlikhede wat gebruik kan word, om dan juis ook in jou unieke situasie by ‘n “suksesvolle” egskeiding uit te kom! Die moontlikhede kan dan as gereedskap deur jou aangewend word om jou situasie makliker en met meer empatie te hanteer. Die vier gereedskapstukke wat moontlik benut kan word is:

Die narratiewe, dit is die stories/verhale van mense wat op die een of ander manier deur die trauma van egskeiding geraak is,
Pastorale terapie, wat die persone se lewens met die nodige sagtheid en openheid binne die konteks plaas van God se Groot storie en die Heilige Gees se werking met hulle trauma, seer en verlies,
Egskeidingsmediasie wat as ‘n hulpmiddel gebruik kan word om die seer en trauma te hanteer, om makliker by gesamentlike uitkomste en moontlike oplossings uit te kom asook om kostes te verminder (35% van die pare wat na my verwys is, skei op die ou einde nie, maar kom vir huweliksberading en lewe meer sinvol voort want hulle het geleer uit hulle foute!).
Stories van Hoop word in die proses gevorm om sodoende persone te help om sinvol voort te lewe, heling in Christus te beleef en ‘n verskil te maak te spyte van alles wat gebeur het.

Hierdie boek handel oor die huwelik wat in die proses van egskeiding is, die kinders wat direk deur die egskeidingsproses geraak word asook die proses van narratiewe egskeidingsmediasie. Die temas word toegelig met die nodige agtergrondsbegrippe en vandaar verder ontwikkel.

Na verskeie gesprekke met persone die afgelope 19 jaar in my pastorale spreekkamer, waar ons saam probeer soek het na moontlike stories van hoop, saam gedelf het om by moontlike oplossings uit te kom, het ons saam belééf dat ‘n “suksesvolle” egskeiding tog moontlik is. ‘n Moontlike einde .... ‘n tyd om te reflekteer ....... ‘n Kritiese refleksie op die stories is noodsaaklik. Ek deel ook my eie persoonlike ervaring. Die einde is en bly altyd ‘n oop proses en daar ontstaan vrae wat moontlike verdere navorsing en insig vereis. God is en bly betrokke by ons. Daar is nie ‘n punt aan die einde van die boek nie, wel ‘n komma .........,

‘N Suksesvolle Egskeiding: Stories Van Hoop

Die Inhoudsopgawe