Werkswyse
Ek werk hoofsaaklik volgens die Pastorale Narratiewe Paradigma waar die persoon se eie lewenstorie weer in verband gebring word, direk of indirek met God se Groot Storie van sy/haar lewe. Ek maak ook gebruik van talle toetse, vraelyste, terapeutiese cd’s asook internasionaal erkende tegnieke. Persone kan vir enkel sessies van 45 min tot 1 uur of vir dubbel sessies van 1,5 tot 2 ure bespreek. Daar word ook na elke sessie moontlike vrae geïdentifiseer waaroor hul moet nadink en terugvoer gee tydens die volgende sessie. Huiswerk word ook gewoonlik aan die persone gegee om sodoende hul perspektiewe te verbreed.
Soorte Terapie
Mediasie
Indien persone reeds besluit het om te skei, word daar deur mediasie gepoog om die betrokke partye se belange deur gesamentlike besluitneming, die beste te dien. Regskoste word dus aansienlik verminder. Emosies word ook hanteer. Al die partye en kinders vind baat daarby!
Voorhuwelikse Beraad
Twee unieke mense, elk met hul eie verwagtinge en unieke menswees, word een in die huwelik en moet voorberei word vir hul rolvervulling ens. asook vir hulle lewenspad saam
Huweliksverryking
Kwyn of stagneer julle huwelik in plaas van om te groei? Groei is moontlik deur mekaar beter te verstaan, aan te vul en gelukkig saam te lewe.
Egskeidingsberaad
Dit is ‘n intens emosionele ervaring wat ‘n geweldige uitwerking op die lewens van al die partye het. Verwerk die seer, eensaamheid en word ‘n gelukkige en heel mens.
Tienerberaad
Jy is radeloos en weet nie meer hoe om jou kind se optrede te hanteer nie, maar wil uit liefde jou kind steeds aanvaar en beter verstaan.
Alkoholisme en chemiese afhanklikheid
Dit neem al hoe groter afmetinge aan en is ‘n ernstige bedreiging vir die huislike en sosiale lewe. Jy kan bevry word van die houvas wat dit op jou het.
Depressie, Stres en Spanning
Dit wat jou vul met twyfel, angs en wanhoop en jou laat twyfel aan jouself. Vir God bly jy kosbaar, daarom kan jy positief leef en leer om dit te hanteer.
Selfbeeld
Wie is ek? Wat is die sin van die lewe? Ek sukkel om myself te aanvaar. Alles loop skeef en ek is nie meer in beheer nie. Ontdek jouself opnuut!
Post traumatiese Stres
Wanneer jy gekaap is, beroof is, getraumatiseerd is, werk verloor het, of nie meer kan cope in jou omstandighede nie, kan daar uitkoms wees indien jy bereid is om aan te klop vir hulp.
Homoseksualiteit
Hoe hanteer ek my gay- of lesbies wees? Ouers wie se kinders gay of lesbies is kan aanpassings maak om sinvol daarmee saam te leef. Christelike liefde bring onvoorwaardelike aanvaarding en positiewe verhoudings tot stand.
VIR MEER BESONDERHEDE SKAKEL:
DR. JAN BOTHA (Alle Ure) BY:
TEL: (012) 5463545
FAX: (012) 5463545
E-pos:jan@pastoralepraktyk.co.za